Taalkaskenades



Op Donderdag, 6 Februarie, het die ATKV-jeugtak weereens ʼn suksesvolle taalkaskenade-aand aangebied. Die aand was gevul met kop-krap-vrae, frustrerende speletjies en baie pret. Die deelnemers het deur die loop van die aand 'n klomp nuwe woorde, soos gespikkeldeminiatuurgroentekewer en pneumokoniose geleer. Die deelnemers het elke vraag beantwoord, al was hul soms heeltemal die pad byster. Die wenners vir 2020 is soos volg:

Beste kleredrag: Die boemelaars
Die tweedeplek wenners: Geoliede weerlig
Die wenners: Die Sexy Feetjies






Fotos





2024 © Ladysmith High School